Jak de Priester gesels met Leon Kluge
September 26 @ 1:30 pm - 3:00 pm

Jak de Priester vier 25 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf – van sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, tot ‘n loopbaan vol geliefde liedjies, stories en onvergeetlike oomblikke. Hy vertel van sy reis, sy musiek en die mense wat deur die jare deel daarvan geword het, terwyl hy ook sy nuwe boek, Jak de Priester – Van Sally tot Somerset-Wes, bekendstel.
Met sy jarelange ervaring as aanbieder van Koppieteefontein bring Jak ook sy liefde vir interessante mense en goeie gesprekke na die verhoog. Spesiaal vir Stanford in Bloom gesels hy met die internasionaal bekende tuinontwerper, kunstenaar, aanbieder en plantkundige Leon Kluge oor sy passie vir tuine, plante en kreatiwiteit.